Blye Boodskap Trust

 ‘n toegewyde Christen, Daan Hoffman, het vir baie jare CD’s van preke wat mens se hart raak, bymekaar gemaak en hierdie boodskap versprei by deelnemende mediese wagkamers en waar moontlik.

Hy en sy vrou Nellie, het die naam Blye Boodskap Kassette Trust gestig en befonds, vir die verspreiding van die christelike geloof boodskappe, eers op kasette, daarna op CD, en nou (2015) aanlyn.  Danie is vroeg in 2014 oorlede, en ons neem nou die boodskap verder.

Die preke is in 5 tale, met godsdienstige liedjies in Zulu.  Ons neem aan dat die boodskappe nog steeds die vergunning en goedkeuring van die persone en instansies het van waar dit verkry is, indien nie, sal dit verwyder word soos aangevra.

Ons is op soek na die dominee’s, pastore en ander wat die preke gemaak, en die liedjies gesing het, hopelik het hul nog die notas wat saam met die preke gaan, en nog addisionele material wat hul direk kan oplaai.

Elke person wat die preke of liedjies wil aflaai, kan so doen na registrasie,

Die nuusbrief versoek is opsioneel met u registrasie.  Ons vra ‘n paar vrae, sodat ons u beter tot diens kan wees,  en nuwe items vir u kan oplaai met tyd.

Laat ons weet hoe ons die boodskap beter kan versprei, en nader na u bring, asook indien ons u kan laat weet van toepaslike aanbiedinge van 3de partye.  

Advertensies sal slegs aanvaar word wat inpas by die webblad, en alle inkomste sal gaan om die word te versprei, na direkte koste om die blad aanlyn te hou en te verbeter.

LiveZilla Live Chat Software